Editor's choiceLocal sportSport

Tweede wen vir La-Velle

Hy is reg om die junior meesters in Julie aan te pak

LA-VELLE Clark-Halket het onlangs sy sesde gholftoernooi vir die jaar op die SA Kindertoernooi gespeel en sy tweede wen vir die jaar ingepalm.

Clarke-Halket het gelykop gespeel met Raymond van Niekerk en die twee moes op die laaste gat uitspeel.

Hy het sleg begin, maar met ‘n lang sethou daarin geslaag om baansyfer te maak om te wen.

Die volgende toernooi is op Seasons Ecco in Brits in April en dan is daar nog drie toernooie oor voor die VSA Junior Meesterstoernooi einde Julie.

Dié gr 3 leerling van Laerskool Kruinsig is lid by Avionpark Gholfklub.

Clark-Halket het gesê hy is reg vir die meesters en gaan dit sy bes gee daardie kant. Hy oefen elke week saam met sy afrigter, Eben Uys, en vandat Johan Geldenhuys sy spelmaat is, het hy al die hulp op en af van die baan, om sy gholf te verbeter en homself emosioneel reg te kry vir die toernooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button