Local sportSport

Drie van Birchleigh gaan Frankryk toe

Rhino Rugby se toer na Frankryk gee hierdie seuns 'n ongelooflike kans om die wêreld en wêreldrugby te verken

DRIE rugbyspelers van Hoërskool Birchleigh is in die 30-man span wat op 27 Maart na Frankryk vertrek om daar rugby te oefen en speel.

Wayne Schutte (18), André de Lange (18) en Werner Systermans (19), wat vir die Rhino Rugby Franse toer gekies is, gaan nie net die geleentheid kry om by die junior rugbykliniek, Racing Metro, te oefen nie, maar gaan ook wedstryde speel teen die Franse 0/19 span en Stade France.

Dertig junior spelers is gekies om die 10-dag toer na Racing Metro se junior akademie te onderneem.

Dit is ‘n private toer en hoewel SANRU van die toer weet en die seuns Suid-Afrika gaan verteenwoordig, is dit nie SANRU wat hulle stuur nie.

Die toer is ook ‘n tipe sendelingtoer waar die spelers rugbyballe, rugbytruie en armbandjies met dele vanuit die Bybel daarop gedruk, sal uitdeel. Hulle sal ook die Woord verder verkondig deur Bybelstudie te hou.

Nasionale en internasionale rugbyverkenners sal teenwoordig wees om jong talent op te spoor.

Rhino Rugby se toer na Frankryk gee hierdie seuns ‘n ongelooflike kans om die wêreld en wêreldrugby te verken. Een van die toer se hoofdoele is om Christen-seuns wat nie in SA ‘n kans het nie, ‘n kans in Frankryk te bied.

Borge wat hierdie toer moontlik help maak het, is Living Ball, Big A Planthire, Rhino Mondskerms, Leithcons Machinery en Polson Vervoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button