Ses Kempies is SA kampioene
Agt skole ding mee in die kwartfinale van die Tuks-skolereeks

SES Kempie-atlete is as Suid-Afrikaanse kampioene gekroon nadat hulle by die SA kampioenskappe in Stellenbosch (ASA) en Pietersburg (SA Skole) goue medaljes verower het.
Eckhardt Rossouw het ook vir die wêreld junior kampioenskappe in die S0/19 200m gekwalifiseer met ‘n tyd van 20.77. Simoné Wietsz het die derde hoogste ABSA-punt van 1 216 op kampioenskappe behaal, asook vol punte van 1 200.
Die medaljewenners was:
Goud: Eckhardt Rossouw (S0/19 200m, 21.19 1014 ASA, 200m 21.42 987 SA Skole, 400m 46.46s, 1017 SA Skole); Simonay Wietsz )M0/15 1500m 4,33.31 1050 ASA, 3000m 9,37.31 1216 ASA, 1500m 4,29.05 1106 SA Skole, 3000m 9,51.58 1100 SA Skole); Sherine van der Westhuizen )M0/15 medley aflos ASA); Simoné Rossouw )M0/15 4x100m aflos ASA); Yster Louw (S0/17 800m 1,53.49 1024 SA Skole, 1500m 3,58.61 969 SA Skole); Jessica
Bezuidenhout (M0/17 2000mH 7,21.16 777 SA Skole).
Silwer: Warno Potgieter (S0/17 1500m 3,57.51 979 ASA); Celia Stamrood (M0/17 800m 2,13.09 988 ASA); Monique Wagner (M0/17 gewigstoot 14.77m 1071 ASA); La Rochelle Venter (4 x 100m M0/15 13.33 ASA); Sherine van der Westhuizen (M0/15 200m 25.66 950 SA Skole, 400m 57.29 1006 SA Skole); Yster Louw (S0/17 800m 1,52.46 1053 SA Skole).
Brons: Michaella Tyrell (M0/17 2000mH 7,23.41 862 ASA); Sherine van der Westhuizen (M0/15 4 x 100m ASA); Anuschka Janse van Vuuren (M0/19 100m 12.26 SA Skole); Tiffani Bell (M0/19 2000mH SA Skole); Monique Wagner (M0/17 gewigstoot 13,52 SA Skole); Eckhardt Rossouw (S)/19 10.97 ASA).
Yster Louw het gevorder tot die semi-finaal van die 800m (1,51.65s) en vir die suidelike halfrond-kampioenskappe gekwalifiseer, terwyl Sherica van
Graan agste in die sewekamp by die senior kampioenskappe was.
Spesiale pryse: Juandre van der Walt is aangewys as een van die beste 15 rugbyspelers by die Oakdale-toernooi.Talja Venter is aangewys as die beste doel by die George top skole-toernooi.
Jennifer Matlhare is aangewys as die beste 0/15 voorspeler by die Bloemfontein-toernooi.
Muurbal: Kempies 2 wen St Dustan’s 2; speel gelykop met stelle, wen met punte; Kempies 3 wen Veritas 1 7-6.
Redenaars: Francois Marais, Rudeker Matthee, Xander Terblanche, Gerhard Marais en Anri Swanepoel het deurgedring na die semi-finale van die ATKV kompetisie op 17 Mei by HS Marais Viljoen.
