Local sportSport

Valke is gereed vir nuwe seisoen

Die spelers moet vir hulself doelwitte stel en daarna streef om daardie doelwitte te bereik en uit te leef - Vivian Lottering

DIE Valke is reg vir hul Absa Curriebekerseisoen.

Spelers, afrigtingspersoneel en die bestuur het Dinsdagaand laasweek by Kemptonpark Gholfklub bymekaar gekom om die seisoen af te skop.

Die Valke se nuwe trui is bekendgestel, so ook die nuwe kaptein, Willie Odendaal.

Valke-unie president, Vivian Lottering, het gesê dat die spelers vir hulself doelwitte moet stel en daarna streef om daardie doelwitte te bereik en uit te leef. Hy het gesê dat hulle alles moet gee, nooit opgee nie en diegene rondom hulle positief beïnvloed.

Die Valke se skopafrigter, oud-Springbok Jannie de Beer, het gesê dat die span na afloop van die Vodacom-beker sekere stelsels en sisteme moet implimenteer en daarop fokus om dit in plek te kry.

Die span se hoë prestasie bestuurder, oud-Springbok Deon Oosthuizen, voel goed oor die seisoen. Hy het gesê dat hy ‘n ruk gelede vir die spelers op ‘n witbord geskryf het: “Met die werk wat ons nou doen, sal dit ‘n seisoen wees om te onthou”.

Hy het gesê dat al hul strukture 100 persent is en dat almal weet wat om te doen. ” Ek sien uit na ‘n goeie seisoen.”

Die Valke wil graag dankie sê aan al hul borge, Unashamedly Ethical, XCO, Mikvah Projects and Training, Oos-Rand Stereo, Future Life, Tsogo Sun, APS (Airport Parking Services ), Brutal en ABSA.

Sien nog foto’s hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button