Local sportSport

Jong Valk speel 50ste wedstryd

Hy voel goed oor die opkomende Curriebeker-seisoen

ANRICH Richter (23) het onlangs sy 50ste wedstryd vir die Valke gespeel.

Hierdie skrumskakel, wat in Kemptonpark gebore is en by Dr EG Jansen in Boksburg skoolgegaan het, speel al vier jaar vir die Valke.

Hy het vir die Valke begin speel nadat hy die Blou Bulle Tuks rugby-akademie op Tuks bygewoon het.

Die akademie is daargestel om jong spelers se talent en te identifiseer en ontwikkel. Hulle streef na ‘n professionele omgewing en deur gespesialiseerde afrigting en goeie vaardighede en tegnieke leer die student om beter te speel.

Richter se 50ste wedstryd was teen die SWD Arende in George, waar die Valke met 52-34 gewen het.

Richter, wat al van sy hoërskooldae scrumskakel speel, het gesê dat hy goed voel oor die opkomende Curriebeker-seisoen en dat hy voel hulle staan ‘n goeie kans om te wen.

Op die vraag oor in watter gedagtegang hy homself sit voor en gedurende ‘n wedstryd, het hy gesê dat hy die spel visualiseer en voor hom sien gebeur.

Richter sien elke situasie en opsie in sy kop, kyk waar hy vir homself geleenthede kan skep en speel dan die spel daarvolgens.

“Ek visualiseer hoe ek die bal in die volgende speler se hande plaas.”

Rugby is sy groot passie en sy korttermyn doel is om premier-divisie Curriebeker en Superugby te speel.

“Van daar moet ek maar kyk waarheen die geleenthede my neem,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button