Kruinie-gholfspan mik na wen by nasionale kampioenskappe
Die toernooi word Saterdag en Sondag by Middelburg Gholfklub gespeel
Die gholfspan van Laerskool Kruinsig speel die naweek in die Ernie Els Laerskole Kampioenskappe.
Die Kruiniespan bestaan uit Juan Oosthuizen (graad 6, algeheel derde by die kwalifiserende rondte), Nicko Venter (graad 7), Brandon Robbeson (graad 4) en Greagan Horn (graad 6).
La Velle Clark-Halket (graad 3) moes ongelukkig onttrek as gevolg van ‘n toernooi wat hy in Amerika moet speel.
Kruinsig en twee spanne van St Dunstan’s College Preparatory School sal Ekurhuleni tydens diĆ© nasionale toernooi by Middelburg Gholfklub verteenwoordig. St Dunstan’s, as die verdedigende kampioene, het outomatiese toelating tot die toernooi gekry. Hulle het egter beide hul A en B spanne vir die provinsiale kwalifiserende toernooi by Reading Gholfklub ingeskryf.
Die A span het hierdie toernooi beklink. Kruinsig was tweede en St Dunstan’s se B span derde. Omdat die A span reeds deurgedring het, het die twee kwalifiserende plekke aan Kruinsig en St Dunstan’s B gegaan.
Tagtig spelers van 19 skole (20 spanne) slaan Vrydag af in ‘n opwarmingsrondte. Die amptelike kompetisie word Saterdag en Sondag oor 18 putjies elke dag gespeel beslis. Die beste tellings in elke rondte sal tot die span se totale punte bydra.
