Local sportSport

Valke skop tweede rondte van Absa Curriebeker af

Die spelers moet op een wedstryd op 'n slag konsentreer

DIE Valke het Dinsdagaand die tweede rondte van die Absa Curriebeker, wat uit ses wedstryde bestaan, by Goodies for Gardens se restaurant afgeskop.

Die Valke rugby-unie se president, Vivian Lottering, het die spelers toegepreek en aangemoedig.

Hy het vir die spelers gesĂȘ dat ‘n span soos grond op ‘n plaas is en dat die grond die regte voedingstowwe en bestanddele moet bevat vir gewasse om te groei.

Hy het gesĂȘ dat spelers nie op hul werk moet neersien nie, dat hulle hulself moet wees, vir hulself hul eie doelwitte opstel, nooit opgee nie, op hul familie se ondersteuning moet staatmaak en op een wedstryd op ‘n slag moet fokus.

Hy het genoem dat dit die spelers se verantwoordelikheid is om vir almal, van die ondersteuners tot die bestuur tot hulself, die spel die moeite werd te maak.

Sien nog foto’s hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button