Local sportSport

Ses uit ses vir oud-Kruinie

Sover bekend kon slegs vier internasionale spelers nog ses sesse in een beurt slaan

SES balle, ses sesse.

Dit is enige krieketspeler se droom en een wat bitter min bewaarheid word.

Danie Rossouw (19), ‘n oud-Kruinie en inwoner van Bredell, spog met hierdie byna onmoontlike prestasie, al was dit in ‘n ses-aan-‘n-kant toernooi.

Rossouw, van die Sport School of Excellence se krieketinstituut, speel klubkrieket vir Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) en het aan die Northerns Krieketunie en Global Softec se ses-aan-‘n-kant op SuperSport Park in Pretoria deelgeneem.

TUT het die finaal teen Pretoria High School Old Boys (PHSOB) gehaal en sy span se beurt met sy ses sesse geopen.

Rossouw, wat sy hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Waterkloof voltooi het, het reeds tydens sy skooljare op die krieketveld uitgeblink. Hy het vir drie jaar vir die skool se eerste span gespeel en was in matriek ook kaptein van dié span.

In sy laaste skooljaar is hy aangewys as speler van die jaar, veelsydigste speler van die jaar en paaltjiewagter van die jaar.

As ‘n 0/17-speler het hy provinsiale skolekrieket vir Northerns gespeel. By die 0/19 Coca Cola-week het hy een van net vier honderdtalle op die toernooi geslaan,

Sover bekend kon slegs vier internasionale spelers nog ses sesse in een beurt slaan. Die eerste was die Wes-Indiër, Sir Garfield Sobers. Dan was daar ook twee Indiërs, Ravi Shastri en Yuvraj Singh, wat dit kon regkry.

Die vierde was Suid-Afrika se eie Herchelle Gibbs, wat in die wêreldbekertoernooi van 2007 ses sesse in een beurt gemoker het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button