School sportSport

Kempies deur na Easterns-halffinale

Die eerste- en 0/15 spanne kom Saterdag teen Jeugland te staan.

BEIDE die eerste- en 0/15A krieketspanne van Hoërskool Kemptonpark is in die Easterns-liga se semi-finale nadat hulle Saterdag met Benoni High School afgereken het.

Albei spanne speel Saterdag teen hul tradisionele derby-teenstanders, Jeugland.

Kempies se eerstes het in hul 50 beurte 246/9 teen Benoni aangeteken. Benoni is daarna vir 167 in 42 beurte uitgeboul, wat aan Kempies ‘n 79-lopie oorwinning besorg het.

Die uitblinkers was David Mostert (64), Divan de Beer (60 en 3/28 in 6 beurte), Wilber van Dyk (24), Anre Craven (3/35 in 10 beurte), Jimmy Mpalane (2/11 in 7 beurte) en Ruan Janse van Rensburg (2/20 in 5 beurte).

Die 0/15A’s het Benoni vir 149 in die 38ste beurt uitgeboul, waarna hulle 153/3 in die 33ste beurt gemoker het om met sewe paaltjies te wen.

Die uitblinkers was JP Bloem (52* en 4/17 in 8 beurte), Brendan Schmidt (33*), Coenie van Deventer (32), Brendan Schmidt (4/22) en Kyle Schmidt (2/28 in 7 beurte).

Koor: Die koor het Vrydag ‘n “flash mob” in Glen Acres Spar gehad. Die Kempie-koorlede het by verskeie kosstasies in die Spar “gewerk”. Hulle was van slagters tot bakkers, sushi-makers tot pizzasnyers.

Die gemeenskap en koorouers was aangeneem verras deur die optrede in Spar. Die bestuurder, Clive Gould, het sy volle ondersteuning gegee met al die nodige reëlings.

Rugby: Coke 7’s toernooi: Die eerste span het vir derde en vierde plek uitgespeel en Noordheuwel met 53-13 geklop.

Francois Erasmus verdien spesiale vermelding. Hy het 76 punte in die toernooi aangeteken.

Swem: Lize-Mari de Beer het op 13 September Sentraal-Gauteng tydens die Highveld Internasionale swemkampioenskappe verteenwoordig. Sy twee goue medaljes in die 200m individuele wisselslag en 200m individuele wisselslagaflos verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button