Valke verloor met twee punte
Skepskop in die laaste minute kelder die Valke se droom
DIE Valke het Vrydag met twee punte in die finaal van die Absa Curriebeker se eerste divisie teen die Down Touch Griffons in Welkom verloor.
Dit was ‘n naelbytwedstryd waar die Griffons in die laaste minute met 23-21 gewen het.
Die Griffons het goed begin en met ‘n strafskop geslaag om die voortou te neem. Die Valke het teruggeslaan met twee strafskoppe.
Die Griffons het die eerste drie in die 15de minuut van die wedstryd gedruk en twee punte is bygevoeg met die doelskop.
‘n Skepskop deur die Valke het die agterstand tot een punt laat krimp.
Die Valke het nĂ¡ ‘n goeie drie en doelskop daarna nog sewe punte aangeteken om met ses punte voor te loop. Die halftydtelling was 16-13 in die Valke se guns.
Die Griffons het drie minute in die tweede helfte ‘n doel aangeteken en die Valke ‘n drie.
Goeie aanval en verdediging is deur albei spanne getoon.
Ses minute voor die einde van die wedstryd het die Grifffons met ‘n skepskop geslaag om die naelbyter te beklink en die Valkse se droom om volgende jaar dalk na die premierafdeling op te skuif, plat te slaan.
