Local sportSport

Unie as die beste in SA aangewys

Alle ligawedstryde word Woensdagmiddae op Kempton se bane gespeel

EKURHULENI-NOORD Ringbalunie is tydens die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe in Kroonstad as unie van die jaar aangewys.

Die unie bestaan reeds sedert 2004 en sluit Kemptonpark, Benoni, Boksburg, Alberton en Edenvale in. Hulle is geaffilieer by Sentraal Gauteng Oos Ringbal, Gauteng Ringbal, SA Skole Ringbal en SASCOC.

Ekurhuleni-Noord is tans die grootste skole-ringbalunie in die land en het by die nasionale kampioenskappe in Kroonstad met 169 provinsiale spelers gespog, waarvan 81 spelers hulle SA kleure verwerf het.

Alle ligawedstryde word Woensdagmiddae op Kempton se bane op die hoek van Kerk-, Greyilla- en Pienaarstrate gespeel.

27 Laerskoolspanne en 37 hoƫrskoolspanne is vir die 2014 liga ingeskryf in die 0/11, 0/13, 0/15, 0/17 en 0/18 seun- en meisie-ouderdomsgroepe.

Vir meer inligting oor die unie, skakel die voorsitter, Gerhard Oosthuizen, by 082-410-5140 of die sekretaresse, Petro Lourens, by 078-864-6155.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button