Voorsitterspan klop Tembisa
Avion se juniors begin weer hierdie Saterdag speel en daar is baie op die spel

AVIONPARK Krieketklub se voorsitterspan Tembisa die afgelope naweek geklop.
Tembisa is in 34 beurte vir 211 uitgeboul. Avion se top boulers was Frank Taljaard (2/35 in 8), Aubrey Maynard (2/25 in 4) en Dylan de Goede (2/27 in 4).
Avion het 37 beurte nodig gehad om die wenlopies (212) met sewe paaltjies plat aan te teken. Die beste kolwers was Lloyd Siebert (89), Taljaard (25) en De Goede (22*).
Avion se juniors begin weer hierdie Saterdag speel en daar is baie op die spel. Die 0/10 en o014 superligaspanne moet hulle nommer 1 posisie behou en die res van die spanne wil graag opskuif van hulle onderskeie derde, vierde en vyfde plekke.
Dan is daar ook die moontlikheid van ‘n junior toerspan wat kom kuier.
