Local sportSport

0/10 superliga wen naelbytstryd

Goeie uitslae vir baie van Avion se junior spanne

AVIONPARK Junior Krieketklub se uitslae van die naweek was:

0/8A wen Boksburg met 83 lopies. Avion 132/3. Boksburg 49 almal uit. Wiehann Smith 55* en 2/6, Shaun Nash 21 en 2/0.

Avion 0/8B verloor met 7 paaltjies teen Benoni. Avion 84/5. Benoni 88/3. Jacques Hutton 10 en 1/4, Luan Geyser 1/4 en SW Basson 1/ 8.

0/10 superliga: Avion wen Benoni met 5 paaltjies in ‘n naelbytstryd en behou sodoende hul topposisie in die liga.

Benoni 111/5 in 25 beurte. Avion 112/5 in 24.5 boulbeurte. Avion se top spelers was Gerhard Cremer (2/13), Jay-Dee Oliver (2/22 en 21 lopies) en Nico van der Westhuizen (1/13 en 31 lopies).

0/10A wen Kwa Thema met 3 paaltjies. Kwa Thema 89/9. Avion 90/7. Regard Nel 4/7, Joshua Toms 2/1, Werner Joubert 25 en Joshua 21*.

0/10B wen Bakerton met 19 lopies. Avion 143/1. Bakerton 124/7. Zander Human 63* en Ethan Smith 46*.

0/12 superliga verloor teen SOB met 15 lopies. SOB 136/7. Avion 122/8. Rikus Wessels 3/13, Ethan Gower 59*.

012A wen teen Bakerton met 6 paaltjies. Armand Swart 28, EW van der Merwe 3/28.

0/12B wen Benoni met 8 paaltjies. Benoni 120/8. Avion 121/2. Chris Delport 4/14, Christiaan Conradie 89*.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button