School sportSport

Kempies wen Waterkloof-byeenkoms die naweek

Diue eerste- en 0/15 krieketspanne klop Jeugland ondanks reën

KEMPIES het die afgelope naweek die Waterkloof-atletiekbyeenkoms met 1 268 punte gewen.

Tweede was Waterkloof met 1 102, gevolg deur Nelspruit met 732, Transvalia met 726 en Potchefstroom Gimnasium met 715.

Die volgende atlete het meer as 900 Absa-punte verwerf:

Rachelle Wepener (0/17 gewigstoot, 14.49m, 1040), Elzaan van Tonder (0/17 gewigstoot, 13.81m, 971), Celia Stramrood (0/17 800m, 2.16.99, 946), Kyla Meyer (0/14 800m, 2.23.60, 945), Lyndi Roelofse (0/14 1500m, 4.56.05, 921), Sherine van der Westhuizen (0/16 200m, 25.59, 908), Kyla Meyer (0/14 400m, 60.10, 907), Simonay Weitsz (0/16 1500m, 4.47.10, 905), Amanda Griesel (0/15 hoogspring, 1.55m, 905), Elsje Esterhuize (0/14 hoogspring, 1.50m, 903), Louwrens Gouws (0/14 200m, 24.1, 959), Ryno Bloem (0/17 gewigstoot 16.97m, 947, March Pritzen (0/16 800m 2.02.58, 901), Dillan Theron (0/16 gewigstoot, 15.49m, 900).

Yshokkie: Christeline Kruger is opgeneem in die nasionale yshokkiespan wat vandeesmaand in Hong Kong gaan deelneem.

Krieket: Die eerste en 0/15 spanne het Jeugland op die Duckworth Lewis-sisteem geklop toe reën uitgesak het.

Uitblinkers: eerste span – Wilber van Dyk (4/19). 0/15 – Francois Marais (51).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button