Avion se promosiespan slag Wattville af
Die voorsitterspan was nie so gelukkig nie en het teen 'n verwoestende Sunward Park verloor

AVION Park Krieketklub se senior promosie-ligaspan het Wattville die naweek afgeslag en met 223 lopies gewen.
Avion is vir 287 uitgeboul, waarna Wattville ‘n skamele 68 kon aanteken voordat al die kolwers terug in die pawiljoen was.
Slegs twee boulers het van Wattville ontslae geraak. Marcelle Jacobs het 5/25 in 7 beurte gevat en Brandon Harwood 5/35 in nege.
Die topkolwers was Leo Jacobs (73), Sean Aldridge (58) en Harwood (50).
Die voorsitterspan was nie so gelukkig nie en het teen ‘n verwoestende Sunward Park verloor. Die beste bouler was kaptein Brandon Fraser met 4/60. Dylan de Goede het 27* gemaak en Dean Pienaar 23 in ‘n moedige poging om die telling van 314 te bereik.
Juniors
0/10 superliga wen Duduza met 89 lopies. Avion 111/6 – Jay-Dee Oliver 38* en Jeandre Byleveld 22.
Duduza 22/10 – Justin van der Westhuizen 4/2, Anro Voster 2/3.
0/10A wen Vosloorus met 5 paaltjies. Vosloorus 70/8. Joshua Toms, JP Pienaar en Rico het elkeen 2 paaltjies in een beurt gevat.
Avion 71/5 – Werner Joubert 28 (22) en JP 11*.
0/10B: Verloor teen Kempton 0/10B1 met 8 paaltjies. Avion 52 almal uit.
Kempton maak lopies in 11.4 beurte met twee paaltjies plat.
0/12 superliga het moedig probeer om Benoni se 200 lopies te jaag met hulle halwe span, maar is toe almal uitgeboul.
0/8A en 0/12A het ook hul onderskeie wedstryde verloor.
