Local sportSport

Jacobs vat 5 in promosiespan se sege

Avion se topkolwers was Sean Aldrigde met 98 en Leo Jacobs met 52

BEIDE Avion Krieketklub se promosie- en voorsitterspanne het die naweek korte mette met hul teenstanders gemaak.

Die promosiespan het ‘n reuse 289/7 teen Etwatwa opgestapel om die opposisie daarna vir ‘n skrale 78 terug in die pawiljoen te hê.

Marcelle Jacobs met 5/48 in sy 10 beurte het ‘n groot rol gespeel in dié 211-lopie wegholoorwinning.

Avion se topkolwers was Sean Aldrigde met 98 en Leo Jacobs met 52.

Die voorsitterspan het Bakerton geklop. Bakerton is vir 101 uitgehaal waarna Avion die wenlopies (107-2) in 15 beurte afgekolf het. Lloyd Siebert (28) en Frank Taljaard (30) was die beste kolwers.

Frank Taljaard (6 beurte 3/29) en Jaco Roberts (5 beurte 2/13) het die skade met die bal aangerig.

Die juniors se uitslae was:

O/10 superliga wen Boksburg met 5 paaltjies.

O/10A wen Kempton met 9 lopies. Avion 139/10. Janco du Preez 32 en Rico Snyman 25. Kempton 130/3 in 25 beurte. Janco, Regard Nel en Wernard elkeen een paaltjie.

O/10B wen teen Boksburg. Boksburg 73/8 in 25. Avion 74/8 in 23 beurte. Zander Human 23, Arno Joubert (5 beurte, 2 leeg, 4/9).

O/12B wen met 8 paaltjies. Die beste bouler was Ryan Thomas met ‘n driekuns (3/22). Kempton 116 /8. Die beste kolwer was Dean Holtman (80*).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button