Avion 0/10 superliga beklink die beker
AVIONPARK Krieketklub se junior uitslae vir die naweek was: O/8A verloor teen United met 18 lopies. O/10 superliga wen hul liga vir die 2014/2015 seisoen en sluit af met ‘n briljante oorwinning van 140 lopies oor Springs Old Boys. Avion het 183/5 gemaak en SOB vir 43 uitgeboul. Die beste kolwers was Jay Dee Oliver …

AVIONPARK Krieketklub se junior uitslae vir die naweek was:
O/8A verloor teen United met 18 lopies.
O/10 superliga wen hul liga vir die 2014/2015 seisoen en sluit af met ‘n briljante oorwinning van 140 lopies oor Springs Old Boys.
Avion het 183/5 gemaak en SOB vir 43 uitgeboul.
Die beste kolwers was Jay Dee Oliver (80 van 49 balle) en Josh Louw (45).
Die beste boulers was Nico van der Westhuizen (2/8) en Justin van der Westhuizen (2/10).
O/10A wen Springs Old Boys met 8 paaltjies. SOB kry 92/7 in 25 beurte. Avion se beste bouler was Wernard Kruger met 2/5 in 2 beurte.
Avion antwoord met 93/2 in net 17 boulbeurte met Janco du Preez op 27* (21), Werner Joubert op 19* (13) en Ivahn van der Merwe 17, wat die meeste verwoesting gesaai het.
O/10B wen Tembisa met 108 lopies. Avion kry 124/4 in 25 beurte. Die beste kolwers was Stephan (55*) en Arno (40*).
Tembisa kon net 16 kry. Armand het 4/3 gevat en Arno 2/0.
O/12 superliga wen Tembisa naelskraap met ‘n “super-beurt” nadat die spanne gelykop geëindig het na 25 beurte elk.
Avion O/12A verloor teen United. Die beste kolwers was Adrian Aggenbag (39 van49) en Gian van Heerden (31 van 30). Die beste bouler was Adrian met 2/26.
