
HENGELAARS van Avion Hengelklub het die afgelope naweek gesukkel om die vis te laat byt tydens die klub se maandkompetisie.
Die 40 lede het by B&S Outdoor gehengel en slegs 85 visse met ‘n totale gewig van 57.24kg gevang. Meesters: 1. Chris Nagel (4 visse, 0.72kg). 2. Koos Bester (1 vis, 0.58kg). 3. Phillip van der Westhuizen (0 visse, 0.14kg).
Seniors: 1. Steve Mynhardt (18 visse, 6.92kg). 2. Gert Duvenage (7 visse, 12.23kg). 3. Derick de Jonge (6 visse, 3.63kg).
Vroue: 1. Martie Frier (3 visse, 1.45kg). 2. Granny Marge Sim (1 vis, 0.41kg). 3. Yolanda Hattingh (1 vis, 0.3kg).
Juniors: 1. Ryno Kruger (1 vis, 4.32 kg). 2. Marita Bester (1 vis, 0.26kg). 3. Zelda Hattingh (1 vis, 0.25kg).
Penkoppe: 1. Dyllian Smith (2 visse, 1.99kg).
