Tiener gaan vir die Proteas hengel
Die ouderdomme van die spanlede wissel van O/12 tot O/18
‘n Matriekleerling van Hoërskool Kemptonpark gaan in Desember vir sy land in ‘n internasionale toets teen Zimbabwe hengel.
Cian Conradie van Hoërskool Kemptonpark het vir die junior kunsaas Protea-span gekwalifiseer tydens die nasionale SA Bass Anglers Association se toernooi by die Arabiedam in April.Conradie het die span gehaal na vier rondtes proewe wat oor twee dae gehou is. Deelnemers se vyf swaarste visse is geweeg en hy was in die top agt om die span te haal.
Conradie, wat al 10 jaar hengel, het gesê dat hy en sy pa saam begin visvang het en dat dit vandaar vir hom in ‘n passie ontwikkel het.
Die ouderdomme van die spanlede wissel van O/12 tot O/18.
Lees ook:
• Hengelaar trek drie pryse in
• Bredell dad off to catch the big ones
