Local sportSport

Avion Krieketklub beloon sy beste spelers

Die klub sien ook uit na die komende Virat Kholi Akademie-toer vir die O/14 en O/17 spanne

AVIONPARK Krieketklub se jaarlikse prysuitdeling op 22 Mei was weereens ‘n hoogtepunt vir talle van die klub se 150 lede.

Sewe juniors spelers het die klub se naam hoog gehou by die provinsiale proewe en is almal gekies om Easterns te verteenwoordig. Hulle is Rickus Wessels (O/11), Zander Smith, Christiaan Conradie, Tebogo Mabelane (O/13 Akademie), Dean Holtman (O/13 span), Brandon Harwood en Dylan de Goede (O/17 span).

Avion se O/10 groep het die beste gevaar in die liga met die superligaspan wat eerste geëindig het. Die ander twee spanne was albei derde.

Die O/14 superspan was ook eerste in hulle afdeling.

Die spelers van die jaar in hul onderskeie ouderdomsgroepe was: Shaun Nash (O/8A), Josh Hosking (O/8B), Jay-Dee Oliver (O/10 superliga), Regard Nel (O/10A), Stehan du Preez (O/10B), Christiaan Conradie ((O/12 superliga), Adrian Aggenbag ((O/12A) en André Williams (O/14 superliga).

Die beste kolwers in hul onderskeie ouderdomsgroepe was: Shaun Nash (O/8A), Josh Hosking (O/8B), Jay-Dee Olivier (O/10 superliga), Janco du Preez (O/10A), Zander Human (O/1OB), Ethan Gower (O/12 superliga), Richard Bulkin ((O/12A) en Brendon Spangenberg (O/14 superliga).

Die beste boulers in hul onderskeie ouderdomsgroepe was: Corne Leimecke (O/8A), Jacques Hutton (O/8B), Justin van der Westhuizen (O/10 superliga), Regard Nel (O/10A), Arno Joubert (O/10B), Rikus Wessels (O/12 superliga), Greg Slawson (O/12A) en Keigan Martins (O/14 superliga).

Veelsydigste spelers: Helgard Stadler (O/8A), Marnus Otto (O/8B), Johan Cronje (O/10 superliga), Handre van Eck (O/10A), Stehan du Preez (O/10B), Christiaan Conradie (O/12 superliga), Adrian Aggenbag (O/12A), en André Williams (O/14 superliga).

Van al die junior spanne was André Williams die beste veelsydigste speler, Keigan Martins die beste bouler en Shaun Nash die beste kolwer. Nash was ook die klub se speler van die jaar.

Promosiespan-pryswenners: Sean Aldridge (beste kolwer), Brandon Harwood (beste bouler) en Marcel Jacobs (veelsydigste speler).

Voorsitterspan-pryswenners: Frank Taljaard (beste kolwer), Loyd Siebert (beste bouler) en Brandon Fraser (veelsydigste speler).

Die klub glo dat die jaarlikse toer van die Delhi Daredevil-spanne ‘n gereelde instelling sal word en bedank hulle vir hul ondersteuning met die senior spanne se klere.

Die klub sien ook uit na die komende Virat Kholi Akademie-toer vir die O/14 en O/17 spanne in Junie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button