Riebie-span is Super 12-wenners
Toegewydheid het definitief 'n rol gespeel
DIE o-11A rugbyspan van Laerskool Van Riebeeckpark het hul skool sommer baie trots gemaak toe hulle vanjaar die Super 12-reeks gewen het.
Die span het vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar die finaal bereik.
Hulle het Menlopark in die semi-finaal geklop en Mooirivier met 8-7 in ‘n naelbyter-finaal.
Afrigters Marinus van der Westhuizen en Hannes Venter loop oor van trots.
Venter sê: “Die seuns het ‘n fantastiese tweede helfte gehad.
“Toegewydheid het definitief ‘n rol gespeel. Ek is trots om ‘n Riebie te wees. Baie geluk aan elke Riebie wat met trots op die veld gedraf het en nie opgehou baklei het nie.”
Die Riebies se ander uitslae in die Super 12 was:
Rugby: o-13 vierde, o-10 sewende, o-9 vierde
Netbal: o-13 derde, o-12 sewende, o-11 sewende, o-10 vyfde
