Kruger wen Avion Hengelklub se kompetisie met 39 visse
Die klub het by Last Farm, Vaaldam, ’n totaal van 436 visse gevang.
Avion Hengelklub het die naweek van 6 April by Last Farm, Vaaldam, met 30 lede 436 visse met ’n totale gewig van 202.33kg gevang.
Die onderskeie wenners was:
Seniors: 1. André Kruger (39 visse, 19.25kg), 2. Riekus Niemand (35 visse, 18.45kg), 3. Francois Niemand (32 visse, 12.18kg).
Meesters: 1. David Swanepoel (27 visse, 26.60kg), 2. Hennie van Rooyen (21 visse, 10.27kg), 3. Johan Barnard (18 visse, 6.20kg).
Vroue: 1. Elaine van Rooyen (17 visse, 5.52kg), 2. Annelize van der Westhuizen (11 visse, 4.08kg), 3. Mariska Louw (8 visse, 3.15kg).
Juniors: 1. Ryno Kruger (45 visse, 16.25kg).
Penkoppe: 1. Michael du Toit (5 visse, 1.55kg), 2. Liam du Toit (2 visse, 1.19kg).
Grootste visse vir die jaar:
Grootste karp – 4.53kg, André Kruger
Grootste graskarp – 5.50kg, Rainer Jonischkeit
Grootste moddervis – 1.15kg, Hannes Goosen
Grootste geelvis – 1.21kg, Ryno Kruger
Grootste baber – 6.31kg, André Kruger
Grootste kurper – 0.47kg, Theuns Smit
