Potspelspelers sien uit na nog ‘n goeie jaar
Pieter van Heerden het die afgelope seisoen met verskeie trofeë weggestap
Die potspelspelers van Nog ‘n Dop Pool Club voel trots op die prestasies van die verskillende spelers laasjaar.
Michael Phillips, Schalk van der Merwe, Lional Hewitt, Marelize Jooste, Nantes Vermeulen en Errol du Toit het die Striking Sticks A-afdeling in die 2019 winterliga gewen.
Pieter van Heerden is in die Mugs-kampioenskappe as die top 16 speler aangewys, sowel as die “single shot-out”-kampioen. Hy het ook die enkelspel en dubbels ingepalm. Verder was hy ook die toppresteerder van elke Donderdag se kompetisie by Nog ‘n Dop Pool Club, sowel as die kampioen van kampioene in die 2019 winterliga.
Izak Botha (jnr), Dewald Swanepoel, Pieter van Heerden, Izak Botha (snr) en Chris Botha het Nog ‘n Dop Pool Club se A-afdeling in die 2019 winterliga gewen.
Juané (Jay) David het in die D-afdeling van die winterliga as top 16 speler presteer.
Valerie Rall, Melissa du Toit, Linda Marais, Susan Fourie, Marelize Jooste is die klub se vrouespan. Hulle sal die eerste vrouespan wees wat in die komende winterliga sal speel.




