Editor's choiceEntertainmentLifestyle

Afrikaanse klug by Emperors op die planke

John se reeds gejaagde lewe snel tot in die hoogste rat in My Boetie se Sussie se Ou

AS jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ‘n oomblik in John Smith se skoene.

Hy is die taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne!

In My Boetie se Sussie se Ou is dit 18 jaar later en hou John steeds twee families in verskillende dele van Londen aan – beide dolgelukkig en salig onbewus van mekaar.

Maar wanneer sy twee tieners, ‘n dogter van die een gesin en ‘n seun van die ander, mekaar op ‘n internet-kletskamer raak gesels en angstig besluit om mekaar in die persoon te ontmoet, versnel John se reeds gejaagde lewe tot in die hoogste rat en moet hy spook om hulle uitmekaar te hou.

My Boetie se Sussie se Ou is Pierre van Pletzen se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se Caught in the Net en onder die regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart.

Die produksie besoek die Theatre of Marcellus by Emperors Palace vanaf 13 Mei tot 1 Junie.

Bespreek by Computicket.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button