Editor's choiceEntertainmentLifestyle
Heerlike lentefees by NG Hoogland
Saterdag sluit ook in 'n kosmark, hondevertoning, veiling, sandkuns, tiekie vir ‘n kiekie, kompetisies

DIE NG Gemeente Kempton Hoogland hou sy lentefees van 29-31 Augustus by die kerk in De Wiekusweg.
Daar sal die Vrydag vanaf 5nm ‘n kosmark wees. Saterdag om 7vm is daar ‘n pretloop en ontbyt sal om 8vm beskikbaar wees.
Saterdag sluit ook in ‘n kosmark, hondevertoning, veiling, sandkuns, tiekie vir ‘n kiekie, kompetisies en vele meer.
Vanaf 5nm is daar heerlike potjiekos en daarna “line dancing”. Kaartjies kos R50 per persoon.
Die fees word die Sondagoggend met ‘n gesinsdiens pm 9vm afgesluit.
Stalletjies is beskikbaar teen R100. Skakel Esme by 082-325-1085.
Verdere navrae kan ook aan die kerkkantoor gerig word by 011-393-4305/9.
