Pieter Koen kuier by Kairos-teater
Die begunstigde vir die eerste konsert in 2017 is Casa Caritas.
DIE sanger en aanbieder van Jukebox en Kwêla, Pieter Koen, is die gaskunstenaar by die Kairos-teater se konsert op Woensdag, 15 Maart.
Die teater, op die perseel van die NG Gemeente Kempton Hoogland, hou al die afgelope vier jaar konserte ten bate van gemeenskapsorganisasies in Kemptonpark.
‘n Bedrag van R388 600 is tot dusver uitgedeel.
Die begunstigde vir die eerste konsert in 2017 is Casa Caritas, ‘n instansie wat werk met gestremde mense.
Kaartjies kos R130 onder by die tafels en R100 (volwassenes) en R80 (skoolkinders) op die galery. Teatergangers kan hul eie kosmandjies pak.
Die adres van die teater is De Wiekusweg 85, Van Riebeeckpark, en die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.
Vir besprekings, skakel Annatjie Krige by 082-454-3520.
