Slapende Skone kry nuwe bose feeks
Bianca se beroep as kunstenaar het in 2012 begin toe sy op Idols verskyn het
DORINGROSIE, die derde pantomime deur Add-Life Productions wat binnekort by Emperors Palace op die planke is, het ’n gedaanteverwisseling ondergaan.
AMOR Vittone, bekende sangeres en TV-persoonlikheid wat oorspronklik die rol van die bose Belladonna (Maleficent) sou vertolk, moes ongelukkig uit die produksie onttrek. Sy was onlangs in ’n fratsongeluk betrokke waarin haar enkel beseer is, en hoewel die produksiespan probeer het om die rol aan te pas, blyk die rehabilitasie-proses ongelukkig van so ’n aard dat dit vir haar onmoontlik sal wees om steeds deel te wees van Doringrosie.
Die rol van Belladonna sal nou vertolk word deur Bianca le Grange. Sy sluit aan by pragtige Charlize Berg in die titelrol en Marno van der Merwe as die heldhaftige Prins Aalwyn.
Bianca se beroep as kunstenaar het in 2012 begin toe sy op Idols verskyn het.
Repetisies vir Doringrosie Die Slapende Skone skop af aan die begin van April en die openingsaand is op 5 Mei in die Theatre of Marcellus by Emperors. Die produksie word tot 4 Junie opgevoer.
Kaartjies is beskikbaar vanaf R170 by Computicket of by enige Checkers.
