EntertainmentLifestyle

Hope vermaak by Afrisaam Fees

Die Afrisaam Fees vind plaas op Vrydag en Saterdag, 9 en 10 Junie, by Stable Inn, en die organiseerders belowe dit gaan 'n fees wees om te onthou.

Bekende Afrikaanse kunstenaars, soos Theuns Jordaan, Jay en Lianie, Snotkop, Steve Hofmeyr, Arno Jordaan, Dirk van der Westhuizen, Dewald Wasserfall, Chrizaan en nog vele meer gaan optree by die Afrisaam Fees.

Daar is ook vanjaar `n potjiekoskompetisie wat geborg word met ‘n paar bekende beoordelaars.

Inskrywings beloop R100 per persoon en alles is ten bate van die Springs Dierebeskermingsvereniging.

Daar is ook vanjaar `n vol mallemeule wat sorg vir hope vermaak vir die kinders en so ook helikopterritte.

Steve Hofmeyr.

Vrydag maak die hekke om 5nm oop.

Die fees skop af met ‘n boere/country aand met kunstenaars soos Ray Dylan, Jason Bradley en Mac Young.

Saterdag sal die hekke om 10vm oopmaak. Afrisaam Fees het vanjaar twee verhoë, die buiteverhoog en ‘n binneverhoog.

Arno Jordaan.

Die buiteverhoog gaan sorg vir hope opkomende kunstenaars wat vanaf 10vm gaan optree.

Om 12 uur gaan die groter, meer bekende kunstenaars die verhoog in die saal betree met hope vermaak vir jonk en oud.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button