EntertainmentLifestyle

Bekendes voer tydlose ‘tunes’ by Emperors op

Die 90-minute vertoning is gesinsvermaak uit die boonste rakke

TYDLOSE Tunes, deur Gerhard Steyn en Jakkie Louw, word op 4 Augustus in die Theatre of Marcellus aangebied.

Die vertoning is spesiaal ontwikkel en geskryf deur Steyn en Louw en bied iets heel anders as wat mens normaalweg van die twee sterre sou verwag.

Word teruggevoer oor tyd heen met spesiaal verwerkte goue treffers, beide internasionaal en plaaslik, maar verwag hiermee saam tong-in-die-kies stories en vertellings soos net die twee dit kan doen.

Die 90-minute vertoning is gesinsvermaak uit die boonste rakke en is vir alle ouderdomsgroepe gepas. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button