Bespreek nou vir Touch of Class se konsert
Die wins gaan aangewend word vir behoeftige kinders in die gemeenskap
DIE bekende Touch of Class met Deon van der Merwe en Ruhan du Toit is die gaskunstenaars by Kairosteater se konsert op 23 Augustus.
Hulle gaan ’n verskeidenheid van hul musiek wat klassiek, Afrikaans en Engels insluit, die aand aanbied.
Die teater is op die perseel van die NG Gemeente Kempton Hoogland en hulle hou al die afgelope vyf jaar konserte ten bate van gemeenskapsorganisasies in Kempton Park. Meer as R400 000 is al uitgedeel.
Die wins gaan vir behoeftige kinders in die gemeenskap wat deur spesifieke skole geïdentifiseer is, aangewend word.
Kaartjies kos R130 onder by die tafels en R100 (volwassenes) en R80 (skoolkinders) op die galery. Teatergangers kan hulle eie kosmandjies vir die geleentheid pak.
Die adres van die teater is 85 De Wiekusweg, Van Riebeeck Park en die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.
Vir besprekings, skakel Annatjie Krige by 082 454 3520.
