Reënboog van kunstenaars by MES-kinderfees
Die res van die feesprogram sluit in opwindende ritte vir kinders, asook kos- en vlooimarkstalletjies
VERSKEIE kunstenaars sal op 26 Augustus by die jaarlikse MES-kinderfees optree.
Die fees word van 9vm tot 3nm by Dries Niemandt-park gehou en is ten bate van MES se liefdadigheidswerk.
Kunstenaars
IV 4, ’n nuwe rockorkes van Pretoria, wat gehore met alternatiewe musiek, gekenmerk deur blues en pop, vermaak.
Navi Redd Hanno, Killer, Schalk, Hennie en Sparky.

KingD, gebore Takalani Denga, is ’n Suid-Afrikaanse sanger en aanbiddingsleier by die Hillsong-kerk. Hy vind inspirasie van kunstenaars soos Lecrae, Andy Mineo, Emeli Sandé, Dr Tumi en Chris Tomlin.
New Roots is ’n groep Suid-Afrikaanse musikante wat hul tyd en talente gee om fondse vir omgewingsbewustheid in te samel. Hul het bekendheid deur hul treffer, One World, verwerf.
Joshuas, ’n groep jongmense van MES Johannesburg met ’n passie vir dans en sang.

Die res van die feesprogram sluit in opwindende ritte vir kinders, asook kos- en vlooimarkstalletjies.
Die wenners van die baba- en kleuterkompetisie sal om 12.30nm aangekondig word. Die sluitingsdatum is 11 Augustus en die inskrywingsfooi R45. Daar is groot pryse om te wen. Skakel Mike McLaughlin van Photomac Photography by 071 686 2168 vir ’n gratis fotosessie.
Die sangkompetisie se finale rondte is ook tydens die fees. Almal met sangtalent (13 jaar en ouer) word aangemoedig om in te skryf. Die eerste prys is R3 000 en ’n CD en You Tube-opname van ’n liedjie. Die tweede prys is R2 000 en ’n CD-opname van ’n liedjie en die derde prys is R1 000. Die oudisie-aand is op 7 Augustus en die semi-finale op 14 Augustus.

Vir navrae oor die baba- en kleuter- en sangkompetisie: luwanda@mes.org.za
Vir navrae oor vlooimarkstalletjies: duane@mes.org.za
Vir navrae oor die fees en die debietorder se gelukkige trekking: Aloma Swanepoel 011 024 4580 of aloma@mes.org.za
