EntertainmentLifestyle

MEAT World hou groot musiekfeeste op die Oos-Rand

Meat World gee ook dié dag 14 Suzuki Shifts weg by al die takke

MEAT World by die Springs-mark, K90-sentrum in Boksburg en by Meadowdale Value Centre in Edenvale hou Saterdag, 5 Augustus heerlike musiekfeeste by al die Meat Worlds.

Meat World gee ook dié dag 14 Suzuki Shifts weg by al die takke. Om vir hierdie lekker kompetisie in aanmerking te kom, moet jy vir meer as R100 by enige tak van Meat World koop en jou inskrywingsvorm met kasregisterstrokie in die kompetisieboks gooi.

Kunstenaars gaan gratis by die verskeie takke optree. In Springs is die skreeusnaakse aktrise Lizz Meiring die seremoniemeester. Platinum-ster, Refentse gaan optree en daar kan ook uitgesien word na optredes van die meisie-band, SAARKIE, Lance James en DJ Ossewa.

Boksburgers het die geleentheid om by die K90 die volgende kunstenaars te geniet: Hennie Smit is die seremoniemeester en Francois van Rensburg, DJ Ossewa, SAARKIE en Dozi gaan op die verhoog wees.

In Edenvale is Derrich Gardner die seremoniemeester en gaste kan uitsien na optredes van Dirk van der Westhuizen, Francois van Rensburg en Lance James.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button