EntertainmentLifestyle

Coenie kom sing ten bate van MES

Hy het oor die jare bekendheid verwerf as aanbieder van Kwêla

DIE bekende TV persoonlikheid en sanger Coenie de Villiers is die gaskunstenaar by die Kairosteater se konsert op 15 November.

Coenie, wat as een van die voorste kunstenaars in die land beskou word, het oor die jare bekendheid verwerf as aanbieder van Kwêla, asook ander TV programme. Coenie-liefhebbers kan hulle gereed maak vir ‘n heerlike konsert soos wat net hy dit kan doen.

Coenie, wat ook die beskermpersoon van MES is, hou die konsert spesiaal vir MES Kemptonpark en die wins gaan vir hulle projekte onder behoeftiges aangewend word.

Die Kairosteater, op die perseel van die NG-gemeente Kempton-Hoogland in De Wiekusweg, hou al die afgelope vyf jaar konserte ten bate van gemeenskapsorganisasies in Kemptonpark. ‘n Bedrag van R455 225 is tot op datum uitgedeel.

Kaartjies kos R130 onder by die tafels en R100 (volwassenes) en R80 (skoolkinders) op die galery. Teatergangers kan hulle eie kosmandjies pak. Die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.

Skakel Annatjie Krige by 082 454 3520 vir besprekings.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button