EntertainmentLifestyle

Jong student voer Die Testament op

Die vertoning begin om 6.30nm vir 7nm en verversings sal te koop wees

DIE Testament, deur Ferdinand Potgieter en Hettie Kritzinger, word Saterdag by Sir Pierre Van Ryneveld High School opgevoer.

Die regisseur is Armand Britz.

Britz doen die toneelstuk vir sy lisensiaat (drama eksamens) en maak geen wins nie. Hy dek slegs sy onkostes.

Die akteurs in die toneelstuk is Linda Jansen van Rensburg, Herman Hafenscher, Teo Hafenscher, Chaun du Plessis, Nico Bekker, Rudeker Matthee, Belinda van den Berg, Angelique van den Berg, Kobus du Plessis en Herman Hafenscher senior.

Die vertoning begin om 6.30nm vir 7nm en verversings sal te koop wees.

Toegang is R50 per persoon. Skakel Judy by 073 271 5480.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button