Coenie kom sing vir MES
Kairosteater hou al die afgelope vyf jaar konserte ten bate van gemeenskapsorganisasies in Kemptonpark.
DIE bekende TV persoonlikheid en sanger Coenie de Villiers is die gaskunstenaar by die Kairosteater se konsert op 15 November.
Coenie, wat ook die beskermpersoon van MES is, hou die konsert spesiaal vir MES Kemptonpark en die wins gaan vir hul projekte onder behoeftiges in die stad aangewend word.
Die Kairosteater, op die perseel van die NG-gemeente Kempton-Hoogland in De Wiekusweg, hou al die afgelope vyf jaar konserte ten bate van gemeenskapsorganisasies in Kemptonpark. ’n Bedrag van R455 225 is tot op datum uitgedeel.
Kaartjies kos R130 onder by die tafels en R100 (volwassenes) en R80 (skoolkinders) op die galery. Teatergangers kan hulle eie kosmandjies pak. Die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.
Skakel Annatjie Krige by 082 454 3520 vir besprekings.
