Super Sokkie kom wéér na Carnival City
Dit gaan die grootste jol van die jaar wees
DIE grootste sokkie-geleentheid van die jaar, Super Sokkie, kom wéér vir ’n derde keer na Carnival City se Big Top Arena.
Op 31 Desember kom kunstenaars soos Kurt Darren, Liezel Pieters, Refentse, Snotkop en Nádine byeen om die nuwe jaar in te sokkie.
“Ek het so drie jaar gelede begin sien hoe die lekker dansplekke begin verdwyn en toe besluit om ’n platform te skep waar kunstenaars ’n kans kry om voor ’n gehoor wat honger is vir dansmusiek op te tree – op ’n groot skaal!” vertel Kurt Darren, organiseerder van Super Sokkie.
Volgens die sanger Snotkop sien hy die meeste uit om saam met sy aanhangers te kuier.
“Dit gaan die grootste jol van die jaar wees. Jy mag dit nie misloop nie,” het hy gesê.
Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar by Computicket-kiosks, Shoprite/Checkers en House & Home.
