EntertainmentLifestyle

DJ Ossewa kom kuier by Kairosteater

Die begunstigde vir hierdie tweede konsert in 2018 is MES Kempton Park.

Die bekende en gewilde DJ Ossewa kuier op 23 Mei by die Kairosteater.

Dit is ’n vertoning wat elkeen moet sien. DJ Ossewa se vertonings is vars, gelaai met energie en bied ’n fees van klank en visuele vermaak.

Die komiese aanslag wat oud en jonk bekoor sal die lagspiere prikkel. Stukkie van der Merwe is een van hul bekendste liedjies.

Die teater is in sy sesde bestaansjaar en hou konserte ten bate van gemeenskapsorganisasies in Kempton Park. ’n Bedrag van R433 331 is tot en met einde 2017 uitgedeel.

Die begunstigde vir hierdie tweede konsert in 2018 is MES Kempton Park, ’n instansie wat hawelose mense in Kempton Park help om weer op die been te kom met ’n verskeidenheid programme.

Kaartjies kos R150 (volwassenes) en R100 (skoliere) onder by die tafels en R120 (volwassenes) en R100 (skoliere) op die galery.

Teatergangers kan hul eie kosmandjies vir die geleentheid pak. Koffie, tee en sjerrie is gratis beskikbaar.

Die teater is geleë is op die perseel van die NG Gemeente Kempton Hoogland in De Wiekusweg, Van Riebeeck Park. Die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.

Skakel Annatjie Krige by 082 454 3520 vir besprekings.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button