EntertainmentLifestyle

NG Kerk Kempton Park-Noord hou winterkersfees-basaar

Al die normale basaarbedrywighede sal weer plaasvind.

Die NG Gemeente Kempton Park-Noord hou sy jaarlikse basaar op 2 Junie te Highveldweg 99.

Aangesien die basaar na Junie verskuif is, is die tema hierdie jaar ’n winterskersfees. Al die normale basaarbedrywighede sal weer plaasvind. Die atmosfeer sal egter ingerig word rondom die kersfeestema.

Miskien ontmoet jy vir Kersvader, of selfs ’n hele paar van hulle. Die tuisgebak van die koektafel en die tipiese basaarpoedings wys weer op die gesoute susters wat daarvoor gaan sorg. Daar sal natuurlik ook warm poedings beskikbaar wees, miskien selfs ’n doekpoeding.

Worsrolle en hamburgers, met tuisgemaakte boerewors en frikadelle, gaan soos altyd groot aftrek kry. Om die koue te temper, sal daar kerrie en rys beskikbaar wees, saam met jaffels en natuurlik, pannekoek.Vir die meer rustiges kan daar lekker om ’n koppie koffie of tee met ’n soetigheid daarby in die binneshuise teetuin gekuier word. Die kinders kan hulself op die springkasteel besig hou, terwyl daar kettieskiet vir die kannetjies en ouer seuns sal wees. Daar gaan ook ’n hindernisbaan uitgelê word waar modelkarretjies kan meeding.

Die verrigtinge begin om 9vm.

Kersfees kom hierdie jaar twee keer.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button