EntertainmentLifestyle

Kerk se winterfees is om die draai

Sien julle daar vanaf Vrydagmiddag 2nm tot Saterdagmiddag 2nm die naweek van 27 en 28 Julie.

Die NG Gemeente Birchleigh se winterfees is om die draai.

Die fees op 27 en 28 Julie vind jaarliks plaas en is ongetwyfeld ’n geleentheid om te oorweeg om die winterkoue meer draaglik te maak.

Soos altyd is daar iets vir almal, van die banting-dieëtfanatikus tot by die grootste soettand. Lank of kort, maer of oorgewig, oud of jonk, daar is iets vir elkeen.

Soos altyd is pannekoek sinoniem met enige fees, maar ’n handige wenk sal wees wanneer jy voor in die tou kom, bestel sommer genoeg. Jy sal spyt wees as jy net ses koop.

’n Groot verskeidenheid kos word aangebied, van kerrie-en-rys, nageregte, hamburgers, koeke en terte, Saterdagoggend-ontbyt, koeldrank tot koffie. Selfs ’n vinnige winskoop by die witolifanttafel lok jaarliks opnuut belangstelling.

Vrydagaand 27 Julie se aandete en Saterdagoggend se ontbyt sal bedien word in die wit tent op die sportvelde van Laerskool Birchleigh.

Hierdie jaar kan jy selfs deur Snapscan betaal, so jy hoef ook nie kontant saam te bring nie.

Sien julle daar vanaf Vrydagmiddag 2nm tot Saterdagmiddag 2nm.

Vir verdere inligting, kontak ds Dean Reiners by 065 859 5938 of Susan Moolman by 011 391 2498 (weeksdae tot 1nm).

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button