EntertainmentLifestyle

Danie Botha gaan by Kempton-Kruin kom kuier

Koop kaartjies, jy wen net miskien ’n vakansie vir ses na Durban.

Gospelsanger Danie Botha sal op 7 September by die NG Kerk Kempton-Kruin in Fiskaalstraat, Glen Marais, optree.

Dié sanger het al 18 geestelike albums, sewe duet-CD’s and vier DVD’s gedurende sy loopbaan vrygestel.

Al het sy sangloopbaan reeds in 1988 begin, reis hy steeds regoor Suid-Afrika om gospelgehore te bekoor met sy sang.

Indien jy volgende maand om 7nm deel van die gehoor wil wees, is kaartjies teen R100 vir volwassenes, R50 vir kinders bo 12 en R50 vir pensioenarisse by Martin Theart (072 510 3728) beskikbaar. Kinders onder 12 kan verniet die vertoning bywoon.

Belangstellendes beter spring, want ’n gratis weeklange vakansie in Durban vir ses mense is op die spel. Die gelukkige wenner sal na Botha se optrede aangekondig word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button