EntertainmentLifestyle

Popsokkie-opskop by Carnival City

Jonk in Afrikaans is ’n regte opskop waar jonk en oud skoene gaan uitskop en die hele aand deur dans.

Van Suid-Afrika se jong talent is later vanjaar op pad na Carnival City se Big Top Arena om ’n lekker Afrikaanse vertoning aan te bied.

Dié nuwe konsep word deur die organiseerders beskryf as ’n popsokkie-opskop. Jonk in Afrikaans lei nie net die somer in nie, maar ook ’n nuwe musiekseisoen met ‘n prettige opskop vir alle Afrikaanse musiekliefhebbers.

Jonk in Afrikaans is ’n regte opskop waar jonk en oud skoene gaan uitskop en die hele aand deur dans.

Die agt kunstenaars wat deel van die Jonk in Afrikaans-konsert vorm is Elvis se Seun, Franja du Plessis, Chané Valentine, Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Tussen Sterre, Irene-Louise van Wyk en Heidi.

Die idee het ontstaan toe twee jong entrepreneurs – wat gereeld Afrikaanse konserte bywoon – besef het dat daar ’n leemte is vir iets nuuts en opwindends vir die jonger generasie.

Jonk in Afrikaans vind op 20 Oktober plaas. Kaartjies kan slegs by Computicket gekoop word en kos tussen R120 en R250 per person.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button