NG Gemeente Edleen hou ‘barnyard’ met Lance James
Daar sal heerlike eetgoed te koop wees.
Die NG Gemeente Edleen hou op 13 Oktober sy eie ‘barnyard’ met die immergewilde Lance James as die kunstenaar.
James het bekendheid verwerf vir onder meer die treffers Dankie en Vicki.
Lance is een van die min lewende legendes wat nog gewildheid behou en in aanvraag is.
Hy was in die 1970’s en 1980’s ’n aanbieder van verskillende radioprogramme op Springbokradio, onder meer Munt uit Musiek en Keep it Country.
Sy nuwe album is gevul met countrymusiek wat die luisteraar met uiteenlopende emosies meevoer.
Die ‘barnyard’, wat by die kerk op die hoek van Amarillo- en Aandblomstrate gehou word, begin om 10.30vm wanneer heerlike eetgoed te koop sal wees.
James tree van 12nm tot 12.30nm op, waarna pouse volg.
James is terug op die verhoog van 1nm tot 1.30nm.
Die dag se spyskaart sluit in: biefburgers (R25), boereworsrolletjies (R25, vleis oor die kole gebraai), slaptjips (R10), roomys (R12), koffie en tee (R5), cappuccino (R10) en koeldrank (R10).
Kaartjies kos R80 vir volwassenes, R60 skoolgaande kinders en voorskoolse kinders is gratis.
Bespreek by Sonja by die kerkkantoor by 011 976 3204, of Thea by 082 771 9209.
