EntertainmentLifestyle

Kempton-Kruin hou die naweek groot karnaval

Dit beloof on ’n lui-lekker buitelug familiefees by die kerk in Fiskaalstraat te wees.

Oud en jonk kan hul vere regskud vir ’n bobaaskuier wanneer die NG Gemeente Kempton-Kruin op 7 September karnaval gaan hou.

Dit beloof on ’n lui-lekker buitelug familiefees by die kerk in Fiskaalstraat te wees.

Die karnaval sal ’n kaleidoskoop van kos en vermaak wees.

Op 6 September om 6.30nm vir 7nm sal die bekende sanger en akteur Philip Moolman en sy vrou Lurianne by die gemeente optree met die skoene-uitskop teaterproduksie NORM@L.

Dié geselligheid gaan gepaard met ’n ete, wyn- en wildsveiling. Kaartjies teen R150 per persoon is by die kerkkantoor beskikbaar. Daar is ook ’n aparte kuiergeleentheid vir tieners teen R50 per kaartjie, wat ’n worsbroodjie insluit.

Op 7 September begin die karnaval om 8vm met ’n 4km pretloop, aangebied deur Run and Walk for Life. Inskrywings beloop R50 per individu en R100 per gesin. Groot pryse is op die spel.

Besoekers kan kies en keur uit ’n watertandkeurspel van kosstalletjies. Daar gaan pannekoek, worsbroodjies, hamburgers, tuisgebakte poeding en vele meer aangebied word. Hope kindervermaak is ook op die program.

Dit gaan ’n oggend van vet pret wees. Bring almal saam wat kan saamkom.

Toegang is gratis. Vir navrae of indien jy jou gawes, donasies of hulp wil verleen, skakel die kerkkantoor by 011 391 1343.

Also read:

Also follow us on:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button