EntertainmentLifestyle

KYK: Allen Park sien voorskou vir opkomende konsert

Indien kaartjieverkope só goed gaan en die saal oorvol is, sal Wikus nog ’n vertoning om 3nm aanbied.

’n Man wat mens herinner aan Roy Orbison, beter bekend as Wikus Prinsloo, het op 13 Augustus vir Allen Park ’n voorskou gegee van wat om te verwag tydens sy vertoning op 28 September om 11vm. As jy nog nooit ’n harlekyn met ’n viool gesien het nie, is dié opvoering die geleentheid om dit te geniet.“Ek wil aan die inwoners van Allen Park hartlik dankie sê dat julle my nog altyd so ondersteun. Ek nooi julle uit na ons vertoning wat vir ‘n goeie doel gehou word,” het Prinsloo aan die gehoor gesê.

“Dié konsert word gehou om vir my ‘n deposito vir my Ferrari bymekaar te kry,” het hy gegrap. Die geld wat ingesamel word, sal aan Kempton Park Raad vir Bejaardes geskenk word.

Die kaartjies kos R100. Prinsloo het gesê dat die persoon wat die meeste kaartjies verkoop, ’n kans staan om ‘n R500 kontantrpys te wen. Daar is ook R10-lootjies waar die gelukkige wenner ‘n kans staan om ‘n braaipan te wen.

Prinsloo het verder gegrap en gesê dat wanneer hy by sy vertoning musiek van bekende ‘golden oldies’ soos Elvis Presley sing, hy nie parfuum gaan aansit nie, maar eerder Q20 as hy sy heupe soos Elvis moet swaai.

Bestuurshoof André Naudé het sy waardering aan Prinsloo uitgespreek. “Toe Wikus gehoor het dat ons nie meer die jaar ’n gholfdag kan hou nie, was hy die enigste van min wat die inisiatief geneem het om iets daaraan te doen. Ons waardeer dit opreg.”

Prinsloo het ook gesê dat indien die kaartjieverkope só goed gaan dat die saal oorvol is, hy nog ’n vertoning sal aanbied en ook ‘n konsert om 3nm dieselfde dag.

Also follow us on:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button