EntertainmentLifestyle

ONTHOU: Saterdag is dit Rocktober-fees by Jeugland

Refentse, Ivan Roux en Rian Swanepoel tree onder meer op

Dit is Oktober en Saterdag (12 Oktober) is dit Rocktober by Hoƫrskool Jeugland.

Topklaskunstenaars, heerlike kuierlapas en prettige vermaak vir die kleinspan maak deel uit van die Rocktober-fees wat deur Jeugland en Laerskool Van Riebeeck Park by Jeugland aangebied word.

Die hekke maak om 3nm oop en om 4nm tree 4am op. Om 5nm is dit Slippery When Wet se beurt en om 6nm is dit Rian Swanepoel.

Ivan Roux tree om 7nm op, Refentse om 8nm en 4am sluit om 9nm af.

Lapakaartjies kos R150, wat potjiekos insluit. Ander kaartjies kos R100 (kurkgeld vir koelbokse) en R100 vir laerskoolleerders.

Om net die vertoning die aand by te woon, kos R80.

Parkering teen R10 is beskikbaar in die parkie en op die B veld kos dit R20.

Bring jou eie eetgerei en kampstoel as jy ‘n lapa-kaartjie het en net ‘n stoel vir die vertoning.

Die Kiddies Zone is van 3nm tot 8nm oop, so bring ‘n ekstra geldjie.

Also follow us on:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button