Die sonskyn op 30 Januarie was ideaal vir Afriforum Jeug om drie splinternuwe uilhuise in Kempton Park te installeer. Die uilhuise word in samewerking met Owl Rescue Centre verskaf. Die huisies is in Van Riebeeck Park, Birchleigh en Glen Marais opgerig. Die projek is te danke aan hardwerkende jeuglede van Afriforum, René Reichel, Luchélle Slabbert, Reniqe Wallace en Iliné Snyman.