TZANEEN: Vossies die beter span maar beslissings kniehalter
Die Redbulls en Nyathi's het gewys daar is baie diepte by die senior rugby in Ben Vorster.
Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter.
Die Vossies het die afgelope naweek kragte gemeet teen Hoërskool Kempton Park.
DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees.

Die O/14B-span het gewys wat in hulle steek en het hulle stryd in die finale sekondes 24-19 gewen.
Die Vossies se O/15A-span was so gevaarlik soos die Japanese in Pearl Harbour. Paballo Legodi, Tsegofatso Ramaloko en John-Jacques Joubert was die manne wat uitgestaan het met die telling van 59-0 vir die Vossies.
ALSO READ: Well played Vossies
Die Vossie se O/15B-span was nog in die eksamenlokaal van Vrydag en moes egter die knie met ‘n telling van 12 – 17 buig.
Ben Vorster se O/16’s was nog voos van die provinsiale proewe van verlede Dinsdag en het eers in die 2de helfte begin rugby speel.

Beide die O/16A en B-spanne het groot terugveg-pogings geloods in die 2de helfte, maar beide het ongelukkig verloor. O/16A (26-19) en O/16B (12-17).
Die Redbulls en Nyathi’s het gewys daar is baie diepte by die senior rugby in Ben Vorster.
Die Redbulls het vroegoggend hul teenstanders 25-12 geklop en die Nyathi’s het rugby soos van ouds gespeel.
ALSO READ: Vossie Black Caps stap weg as oorwinaars
Tot Doc Danie Craven sou trots gewees het op die mooi hardlooprugby. Die Nyathi’s het 41-7 gewen in ‘n verkorte wedstryd.
Die Vossie se 1ste span het ‘n lang dag op die veld ervaar met 37 strafskoppe teen hulle en net 13 vir hulle.
Ben Vorster was met rustyd 33-7 agter en het ‘n groot terugvegpoging geloods, maar het egter uit tyd gehardloop en 33-50 verloor.
Die Vossies veg ver bo hulle gewigsklas en dis baie belangrik dat elke leerder die geleentheid gegun word om op die hoogste vlak deel te neem.
Die Vossie pak komende naweek vir Marias Viljoen in Alberton – baie sterkte!



