InternationalSport

Vossie-hokkie goed op dreef

Verlede Woensdag het die Hoërskool Ben Vorster se hokkiemeisies hul ligawedstryde teen Hoërskool Merensky gespeel.

Die spanne was slaggereed en uitgehonger vir die wedstryde.

Die junior dogterspanne het die ys gebreek en albei spanne (o.14A en o.15A) het geseëvier.

Die spanning het hoog geloop met die aanvang van die eerstespanwedstryd.

Die Vossies het begin en onmiddellik ‘n sterk aanvallende wedstryd gespeel.

O.4A-span: Voor: Lufuno Mabasa en Aakifa Osmany. Middel: Genee Smit (afrigter), Tshepiso Bopape, Khanyi Baloyi, Palesa Sabela, Tebatso Seokgo, Nsuku Makhubele en Michelle Grobler (afrigter). Agter: Sharice Smith, Isabel Homan, Elné Haynes, Elréze Vorster, Euné Pohl en Janice Ngobeni.

Die eerste doel is deur die Vossies se kaptein (Zoë Bergmann) aangeteken.

Die halftydtelling was 1-0 in die Vossies se guns.

Lees ook: TZANEEN:Ben Vorster wins the Limpopo Coca-Cola® T20 Schools

Met die aanvang van die tweede helfte het die Vossies hul spelpatroon op die Plasies afgedwing en daar is nog twee doele aangeteken deur Joalize Smit en Zoé Bergmann.

O.15A-span: Voor: Makoma Pilusa en Shyann Trollip. 1ste ry: Wanga Terwey, Daslin Tanai, Philile Mphahlele, Hazel Ngobeni en Risima Khutamo. 2de ry: Nsuku Mendes, Jané Toerien, Megan-Lee Mans, sumari Vorster en Anika Strydom.Agter: Liezl Kriel (afrigter), Candice Prinsloo (afrigter) en Alida van der Walt.

Die Vossies het die wedstryd 3-0 gewen. Die uitslae was as volg: o.14A – Vossies 3 – Plasies 1.

o.15A – Vossies 1 – Plasies 0. o. 16A – Vossies 2 – Plasies 2 Tweedespan – Vossies 0 – Plasies 2.

Eerstespan – Vossies 3 – Plasies 0. Die vorige week, op Vrydag 7 Mei het die Vossies hul eerste ligawedstryde teen Stanford Lake College gespeel.

Ook hier was die Rooimasjien goed op dreef en het die doele laat klap.

Die Vossies het 24 doele teen Stanford aangeteken. Nie ‘n enkele doel kon teen die Vossies aangeteken word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button