LettersLocal newsNewsOpinion

Benarde posisie ondersoek

Die DA het in 2014 reeds 'n skrywe aan minister Pravin Gordan gerig om ondersoek in te stel na die Groter Tzaneen Munisipaliteit se benarde posisie en omgaan met belastinggeld.

DA Raadslid Rene Pohl skryf:

Graag wil ek ‘n voorspoedige 2015 aan almal toewens.

Baie geluk ook aan al die matrieks wat so puik presteer het. Ons is besonder trots op julle almal! Ons is baie gelukkig om sulke puik skole in Tzaneen omgewing te hĂȘ. Ek voel besonder bevoorreg om deel te wees van so ‘n gemeenskap.

Dan wil ek ook van die geleentheid gebruik maak om soveel van ons mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het in hierdie afgelope tyd te verseker dat ons as gemeenskap julle styf in ons harte vashou.

Die DA het in 2014 reeds ‘n skrywe aan minister Pravin Gordan gerig om ondersoek in te stel na die Groter Tzaneen Munisipaliteit se benarde posisie en omgaan met belastinggeld. Vrae is aan die Parlement gerig in 2014. Die DA het die hulp van die Valke asook die Openbare Beskermer aangevra.

Die binnegevegte van die regerende party dra direk by tot die swak dienslewering en menige protesoptogte.

Die totale onbevoegdheid van amptenare wat deur kaderaanstellings geskied het, het veroorsaak dat verskeie Nasionale toelae wat moes bydra tot projekte en die verbetering van infrastruktuur nie oorbetaal is nie as gevolg van swak of geen beplanning. GTM het hierdie miljoene verbeur en munisipaliteite wat presteer vind dan baat daarby.

Die Ouditeur Generaal se bevinding is dat GTM ‘n disfunksionele munisipaliteit is.

Die DA sal verskeie vrae in die volgende raadsvergadering vra en dit deur die korrekte kanale hanteer tot op nasionale vlak.

Ons sal u deurentyd op hoogte hou. Intussen is petisies die belastingbetaler se voorland om verdere druk op die munisipaliteit te plaas.

Ons vra dat elke lid van die gemeenskap betrokke sal raak om jul stem te laat hoor. Die DA beleid vereis ‘n duidelike onderskeid tussen die regerende party en die staat.

Die belastingbetaler moet alle amptenare asook publieke verteenwoordigers tot verantwoording roep deur direk betrokke te raak.

Ek kan geskakel word by 079 707 1955. My e-pos adres is renepohlda@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button