Maatskaplike werkers vereer
Internasionale Maatskaplike Werkdag is op 17 Maart gevier.
Internasionale Maatskaplike Werkdag is op 17 Maart gevier.
Die SAVF Tzaneen het dié dag gevier deur hulde te bring aan hulle twee maatskaplike werkers, dr Greta Bekker en Monique van der Merwe, vir die afgelope jaar se dienste.
Hulle is bedank vir die uithou, bemoediging, planne maak en diensbaar wees ten spyte van omstandighede wat nie altyd motiverend en luuks is nie.
“Dankie vir die kere wat jy iemand ‘n tweede kans gegee het; geduldig was met ‘n donateur of die amptenaar van die department; dankie dat jy die waarde van vrywilligerskap besef en deel het aan die ontwikkeling daarvan,” SAVF Diensbestuur.
“Being a Social Worker means:
You will never be bored
You will always be frustrated
You will be surrounded by challenges
So much to do and so little time.
You will carry immense responsibility
And very little authority.
You will step into people’s lives
And you will make a difference.
Some will bless you Some will curse you
You will see people at their worst and their best.
You will cry a lot
You will laugh a lot.
You will know what it is to be human
And to be humane. ”
Mag die wete dat u ‘n verskil maak in die lewe van ‘n weerlose kind, ouer of bejaarde dit vir u die moeite werd maak.”
“We pray that the year ahead will be blessed with good health and fortune to create opportunities to those who need it desperately.”
“Namens die 1,7m mense wat die SAVF bereik, sê ons dankie aan elke maatskaplike werker, maatskaplike hulpwerker, kantoor-personeel, kollegas, vrywilligers, donateurs en ondersteuners vir u volgehoue
steun.”
It was Minister Kader Asmal who once said: “If the constitution is the head of a country, Welfare is the heart of a country”.




